Sorgsentrum
Oude Westhof Aftree-Oord beskik oor ‘n Sorgsentrum met 38 toegeruste eenhede met voltydse verpleegpersoneel.
Sorgsentrum Info>> KLIK HIER OM DIE AFRIKAANSE BROSJURE AF TE LAAI
Eetkamer
Ons het ‘n pragtige eetkamer waar inwoners op ‘n daaglikse basis ‘n driegangmiddagete kan kom geniet. Inwoners is ook welkom om enige tyd vriende of familielede in die eetkamer te onthaal.vergaderings, begrafnisse, ens.
Sitkamer
Die Oord beskik oor ‘n ruim sitkamer met ‘n projektor en grootskerm. Hier word musiekvertonings, byeenkomste, bidure, ens. op ‘n gereelde basis vir die inwoners aangebied.
Biblioteek
‘n Goed toegeruste biblioteek is beskikbaar waar inwoners boeke, legkaarte, video’s, ens. kan uitneem.
Ure: Maandae tot Vrydae 8:00 – 16:00
Kroeg
‘n Dameskroeg is beskikbaar en drankies is beskikbaar tydens spesiale funksies en sportgeleenthede. Die kroeg se normale ure is soos volg:
Vrydae: vanaf 17:00
Sondae: vanaf 11:30-12:30
Haarsalon
Die haarsalon (beide mans en dames) is in die Klubhuis geleë en die haarkapster is op Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae beskikbaar.
Verhitte swembad
‘n Groot verhitte swembad is beskikbaar buite die Klubhuis en inwoners word versoek om asseblief by die reëls en regulasies vir die gebruik van die swembad te hou.
Gimnasium
‘n Goed toegeruste gimnasium is beskikbaar op die grondverdieping van die Klubhuis. Neem asseblief kennis dat toerusting /apparaat op eie risiko gebruik word.